nama

NAMA (National Association Of Managing Agents )


VOORDELE

Voordele van ‘n professionele bestuursagentskap

Die voordele wat ‘n Regspersoon/Huiseienaarsvereeniging kan geniet by die aanstelling van Habiplan Eiendomme as hulle professionele bestuursagentskap, is baie omvattend.

Waarskynlik die grootste voordeel wat alle trustees/direkteure van ons Regspersone/Huiseienaarsvereenigings geniet, is kontinuïteit in die bestuur van hulle eiendom.  Dit word moontlik gemaak deur ons gevestigde stabiliteit en deurgaans professionele optrede.

Habiplan Eiendomme is 'n lid van NAMA S.A. (National Association of Managing Agents). Hierdie lidmaaatskap verseker dat alle Regspersone/ Huiseienaarsvereenigings met deursigtigheid en professionaliteit hanteer word. Alle lede het toegang tot NAMA S.A. indien daar probleme sou ontstaan.

Kruisbestuiwing

Ons kan die uitgawes en die heffings van al die Regspersone/Huiseienaarsvereenigings wat ons bestuur met mekaar vergelyk, en dan goeie idees wat by een instansie ontstaan het, ook aan die ander deurgee, byvoorbeeld om heffings te verlaag.  Ons kan ook baie vinniger ‘n tendens identifiseer wat negatiewe gevolge kan hê.



Elke vergadering lewer oplossings  oor die tipiese probleme van deeltitelskemas/ huiseienaarsvereenigings.  Dié inligting verbreed nie net ons eie kennis nie, maar dit word ook gratis aan al ons Regspersone/Huiseienaarsvereenigings deurgegee.

Versekering

Aangesien meeste van die Regspersone/Huiseienaarsvereenigings wat ons bestuur deur dieselfde versekeringsmaatskappy verseker word, kry ons veel gunstiger premies as wanneer een Regspersoon/ Huiseienaarsvereeniging op sy eie aansoek om versekering doen.

Herstelwerk

Wat kontrakteurs en ambagsmanne betref, is dit ongelukkig nie vanselfsprekend dat ‘n mens altyd goeie diens by hulle kry nie, maar omdat ons byna elke dag van  sulke dienste gebruik maak, is dit vir ons moontlik om die nodige druk uit te oefen om werklik goeie diens te kry, en om die swakkes van die goeies te skei.  Mededingende pryse word ook op dié manier verkry.

Hierdie voordeel is van die uiterste belang wanneer daar oorweeg word om groot projekte aan te pak, soos byvoorbeeld om die hele gebou te verf, of elektroniese hekke te installeer en in stand te hou.

Gedragsreëls

Ons stel gedragsreëls in oorleg met die trustees/direkteure saam, om te verseker dat daar in die skema se behoeftes voorsien word.  Hierdie reëls is in vandag se eiendomsmark van uiterste belang.

Enige oortreding van die gedragsreëls word onmiddellik skriftelik aan ons gerapporteer en ons tree regstreeks in verbinding met die eienaar van die eenheid waar die oortreding plaasgevind het.  Sodoende word probleme spoedig uit die weg geruim.
 

nama

NAMA (National Association Of Managing Agents )