nama

NAMA (National Association Of Managing Agents )


TUIS


INLEIDING

Habiplan Eiendomme – wat as ‘n eiendomsagentskap geregistreer is om eienaars se belange te beskerm en in besit is van ‘n Getrouheidsfondssertifikaat – het reeds in 1985 begin om van die eerste deeltitelskemas/huiseienaarsverenigings op Potchefstroom te bestuur.  Ons het ons uit die staanspoor met toewyding in alle aspekte van die bestuur van dié skemas verdiep.  Die ondervinding wat ons gevolglik opgedoen het, het daartoe gelei dat ons nou leiers op die gebied is.  Ons kennis en kundigheid – ook ten opsigte van alle aspekte van die Wet op Deeltitels – het al hoe meer Regspersone hulle vertroue in ons laat plaas.

Habiplan se personeel bestaan uit 8 administratiewe personeel, 42 instandhoudings werkers en 2 instandhoudings bestuurders.

Die Regspersone/Huiseienaarsvereenigings namens wie ons optree, bestaan uit vooraanstaande mense uit ‘n wye verskeidenheid professies en beroepe.

 

 

HABIPLAN

 

nama

NAMA (National Association Of Managing Agents )